
'n Goddelike beskerming
Ps 125 Ds Gustav Opperman Ps Bybelstudie: God se Liedere @WoordeuitsyWoning
Die waarskuwing in Ps 125 is nie die kinders van ongeregtigheid nie, want hulle is in elk geval daar. Hulle ken nie die Here nie. Die waarskuwing is gerig aan die wat van die pad afdraai, die wat hulle vertroue van die Here afhaal en nou begin jy te dink om onder jou omstandighede tog maar 'n bietjie van die wêreld se taktiek te gebruik. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae.
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Psalm 125
Opnamedatum: 2029 04 22
Music used in this video:
1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt – Orrel
2) Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 125: 1,4,5 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers
3) Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/