top of page

Wakers op die Mure

Ds Gustav Opperman Helpende Woord#122 Solidariteit Helpende Hand

Op enige gegewe nag is daar honderde buurtwaglede oor die hele land ontplooi. As die oë en ore van die gemeenskap waag hierdie manne en vroue dikwels hul lewens om hulle mense veilig te hou. Hulle bereidwilligheid om saans vir hierdie taak van hulle geliefdes afskeid te neem, herinner aan die Afskeid  beeldegroep by die Oorlogsmonument van die Boererepublieke; ook aan die woorde van Nehemia 4:14. Volg Helpende Woord Vrydae op  woordeuitsywoning.com


 Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik.  Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.  


"Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!"   


Bron: Nehemia 4:14

Helpende Woord#122  

Opnamedatum: 2022 07 08  


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. 

With thanks and appreciation:  

1) It’s Coming Josh Kirsch Media Right Productions YouTube Audio library 

2) Pendulum Waltz  Pendulum Waltz by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) 

Artist: http://audionautix.com/ 

3) Helpende Woord Outro  

Turning Slowly

Artist: Ugonna Onyekwe 

YouTube Audio Library License

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page