top of page

Waak en Werk!

Helpende Woord 22 Nehemia, Psalms 4 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand

Goddelose en kriminele mense is daarop uit om God se werk in hierdie wêreld te stuit. Daarom is dit gepas dat God se kinders na aanleiding van Nehemia 4 hulself paraat sal hou wanneer hulle besig is met God se werk in hierdie land. Maar, voor ons self die swaard gord en die werpspies optel, laat ons onsself eers goed vergewis wat die HERE hier in sy Woord vir ons sê. Volg Helpende Woord Vrydae om 11:00 op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. “Die HERE gee nie vir ons ‘n opdrag as gelowiges om ons broers, ons seuns, ons dogters, ons vroue, ons vaders, ons moeders ons huise en ons grond aan die magte van die duisternis af te staan nie ...” Die bouwerk aan Jerusalem se mure word met die pistool aan die heupe gedoen. Dis ‘n aanduiding van die tyd waarin ons leef ... net soos dit ‘n aanduiding was van die tyd waarin Nehemia en sy muurbouers geleef het. Die werk van die HERE op aarde moet voortgaan. Die Here se werk in hierdie land moet voortgaan ... Die werk aan die tempel en die mure van Jerusalem moet herstel word. Die huise in Jerusalem moet gebou word ... Die radikale skeiding tussen die gelowiges en die ongelowiges, die radikale skeiding tussen die skape en die bokke, moet deur die prediking te weeg gebring word, moet deur die Woordverkondiging te weeg gebring word, moet deur die huisgodsdiens te weeg gebring word. En slegs wanneer dit voltooi is, sal die Christus weer kom, soos Hy ons belowe het. Maar, voor ons self die swaard gord en die werpspies optel, laat ons onsself eers goed vergewis wat die HERE hier in sy Woord vir ons sê ... hier en in die res van die Skrif ... Sien die langer video: Troffel en pistool: https://youtu.be/vC0qvwlnSMI Helpende Woord is eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel op WhatsApp! Goeie nuus van hoop enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. hoor. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!” Bron: Waak en Werk! Nehemia 4 en Psalm 10, 11 Helpende Woord#22 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 03 07 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music used in this video: 1) It’s Coming Josh Kirsch/Media Right Productions YT Audio library 2) Pendulum Waltz You’re free to use this song in any of your videos, but you must include the following in your video description: Pendulum Waltz by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Artist: http://audionautix.com/ position: 394
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page