top of page

Vuurtonge

Ds Gustav Opperman Helpende Woord#126 Solidariteit Helpende Hand

Die brandseisoen is weer op ons. Oral in de land is daar bos- en veldbrande, waarvan sommige geweldige skade aanrig. Omtrent al hierdie brande se begin is baie klein: 'n brandende asgat hier, 'n verwaarloosde kampvuurtjie daar. Voor jy jou kan kry dan brand die hele wereld. Die apostel Jakobus vergelyk die menslike tong met 'n klein vuurtjie wat baie skade kan veroorsaak en hy roep ons op om op ons woorde te let (Jakobus 3:5 ev). Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com  


Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos.  Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik.  Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand.  Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.  


 "Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!"   


Bron: Jakobus 3:5ev 

Opnamedatum: 2022 08 10  


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. 

With thanks and appreciation: 

1) Spirit of Fire Ambient Calm Jesse Gallagher 10:08 YouTube Audio Library License   

2) Wild Fires Cinematic Dramatic Doug Maxwell 2:24 YouTube Audio Library License   

3) Helpende Woord Outro Turning Slowly Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page