top of page

Soen die Koning!

Ds Gustav Opperman Helpende Woord#132 Solidariteit Helpende Hand

Met die afsterwe van die Britse koningin word haar seun eersdaags in prag en praal gekroon. Uit die reaksie van die wêreld se heersers op die gebeure  is dit duidelik dat die koningshuis nie net in Brittanje regeer nie, maar ook die simboliese hoof van die groter westerse empaaier is. Van oral oor het die staatshoofde in Londen aangekom om hulde aan die oorlede koningin en die aangewese nuwe koning te bring. Terwyl die skares die strate belyn en probeer om die nuwe koning aan te raak en te soen, kom die beeld van 'n ander koning by my op ... 'n Koning wat nie deur die mense geag is nie, maar van Wie die Skrif ons leer dat ons Hom eerder moet  kus, terwyl daar nog geleentheid voor is. Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com 


Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos.  Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik.  Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand.  Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.   


"Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!" 


 Bron: Psalm 2, Jesaja 53 

Opnamedatum: 2022 09 21  


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 

1) Fall of the Solar King  Fall of the Solar King by Twin Musicom is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. 

https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/

Artist: http://www.twinmusicom.org/

2) . Helpende Woord Outro  Turning Slowly Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page