top of page

Roei die onkruid uit in 2020!

Helpende Woord 8 Génesis 2 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand

Wanneer God se Gees in die mens begin woon, dan word daardie mens se lewe in ‘n tuin omskep. Daardie tuin moet egter vry van onkruid gehou word: toorn, woede, gierigheid en hartstog is die onkruid wat gedurig in God se tuin opskiet. PLukas dit uit! Verbrand dit! Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. hoor. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening!” Bron: Génesis 2, Openbaring 22, Kolossense 3:5 Hoe lyk onkruid in jou geestelike lewe? Roei dit in 2020 uit! Helpende Woord#8 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 01 04 Musiek gebruik in hierdie video: 1) Helpende Woord Temamusiek: Light Thought var 4 by Kevin MacLeod is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Artist: http://incompetech.com/ (Audio Library) 2) Wistful Harp Andrew Huang (Audio Library) position: 447
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page