top of page

Onvoltooide Werke

Ds Gustav Opperman Helpende Woord#116 Solidariteit Helpende Hand

Namate die ekonomie wêreldwyd verswak, vind ons oral rondom ons onklaar bouwerke: van groot konstruksie ondernemings tot eenvoudiger woonhuise. Die geld en die vermoë het opgeraak. So is daar ook in ons persoonlike lewens talle projekte wat onafgehandel is. Die sekerheid wat ons wel het, is dat die Here wel klaarmaak wat Hy begin het. Met Hom het ons die sekerheid dat die beloftes wat Hy gemaak het en die goeie werk wat Hy in ons lewens begin het, Hy wel eendag sal voltooi (Fil 1:6) Volg Helpende Woord Vrydae op  @Woorde uit sy Woning   


Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos.  Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik.  Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand.  Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.


Bron: Filippense 1:6 

Helpende Woord#116: Onvoltooide Werke 

Solidariteit Helpende Hand 

Ds Gustav en Ina Opperman 

Opnamedatum: 2021 12 19


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. 

With thanks and appreciation: 

1) At the Precipice of a Dying Light  YouTube Audio Library License 

2) Clouds Huma-Huma   YouTube Audio Library License 

3) Turning Slowly Helpende Woord Outro Ugonna Onyekwe  YouTube Audio Library License

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page