top of page

Lentevreugde!
Helpende Woord 82 Psalms 65 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Augustus is die maand van moedeloosheid. Alles is droog, stowwerig en windverwaaid. Die pandemie en die koue daarby het steeds 'n ystergreep op ons gemoed. Genadiglik dien ons 'n God wat telkens alles nuut maak, wat sy winde stuur en hulle gaan haal die wolke oor die see. Met die eerste lentereen is hierdie aarde en God se kinders weer geseen. Laat ons ons oë gerig hou op die horison! (Psalm 65 berymd) Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Bron: Psalm 65 (berymd) Lentevreugde! Helpende Woord#82 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 08 31 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 1) No.4 Piano Journey Cinematic Inspirational Esther Abrami 1:53 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). DONE 2) Turning Slowly Helpende Woord Outro Turning Slowly 3:21 Ugonna Onyekwe Cinematic | Calm You're free to use this song and monetize your video. YouTube Audio Library License position: 130
bottom of page