
Leer Ons Kinders!
Ds Gustav Opperman Helpende Woord #241 Solidariteit Helpende Hand
Die nuwe jaar het ook nou in ons kerkgemeenskappe begin. Dikwels word daar gesoek na geskikte onderrig materiaal vir kinders. Deur die eeue was die Heidelbergse Kategismus 'n baie betroubare leerboek en gids deur die Bybel. In 'n reeks videoprogramme wat deur al die lesse gaan, bied Ds Faan Smit die Kategismus op so 'n wyse aan dat selfs die jongste kind dit verstaanbaar sal vind. Trouens, oud en jonk sal dit van groot nut vind vir geloofsgroei. Die lesse kan ook deur 'n handige Toepassing/App op slimfoon, tablet en rekenaar bereik word. Die skakel van hierdie kindervriendelike toepassing vind u onderaan die video, asook meer besonderhede omtrent die videoreeks.
Bron: Die Bybel en Heidelbergse Kategismus
Opnamedatums: 2022-2024
Onse Kategismus vir Kinders (videoreeks) vervaardig deur @WoordeuitsyWoning . Dit is gratis beskikbaar. Onderwyser/Ouerhandleiding en aktiwiteitswerkboeke is in die proses van vervaardiging deur: Beweging vir Christelike Onderwys Webtuiste: www.bcvo.co.za E-pos adres: bcvo@bcvo.co.za Navrae: 012 361 5793 (vir datum beskikbaar en prys vir handleidings en werkboeke)
Musiek gebruik in hierdie video:
1) Ps 25 musiek en grafiese verwerking/animasie: Henning Dafel henning.dafel@icloud.com
2) Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/
3) Helpende Woord Outro Turning Slowly Artist: Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License