
Laat ons Eet en Drink!
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#138 Solidariteit Helpende Hand
"Laat ons eet en drink, want more sterf ons!". Namate ons weer die feestelike seisoen nader, kom hierdie spreekwoord weer by 'n mens op. Die apostel Paulus haal dit aan in sy eerste brief aan die Korintiërs, waar hy die ingesteldheid van die mens sonder 'n opstandingshoop beskryf (1Kor 15). Deur die geskiedenis heen, lei mense roekelose lewens en gee hulself oor aan kos en drank en partytjie hou. Daarmee erken hulle dat hulle geen toekomshoop het nie. Daarenteen maak die gelowige erns met die feit van God se komende oordeel, maar ook die heerlikheid wat vir die gelowiges na die dood voorlê. Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com
Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
Bron: 1 Korintiërs 15
Opnamedatum: 2022 10 31
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
1) Grange Party Artist: Happy Huma-Huma YouTube Audio Library License
2) Helpende Woord Outro Turning Slowly Artist: Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License