
Laat my Lammers wei!
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#291 Solidariteit Helpende Hand
Verbondsonderrig of te wel Kategese is 'n onmisbare skakel in ons volk se geestelike oorlewing op die pad vorentoe. Hierdie waarheid is deur ons gelowige voorgeslagte besef en dit is vandag steeds ons dure plig. In hierdie verband is daar vir ons 'n wonderlike hulpmiddel in die toep wat ontwikkel is om die oordrag die Heidelbergse Kategismus aan 'n jonger geslag te vergemaklik. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Dendron/Magalakwin.
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Groot en klein sal baat vind hierby. Laai die gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af om al die vorige video’s in hierdie reeks gerieflik op een plek te kry. Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.