
Kerk in die middel
Helpende Woord#131 Solidariteit Helpende Hand
Vroeër jare was die kerk die sentrum, die middelpunt van die Afrikaner gemeenskap - letterlik en figuurlik. Die prominente kerkgeboue in die middel van die elke dorp getuig vandag nog hiervan. Ander besighede en aktiwiteite het rondom die kerk ontstaan. Vandag vind ons nog die kerke in die sentrum van ons dorpe, maar lankal nie meer in die sentrum van ons volk se harte nie. Daarvan getuig die leë kerke en die vol kuierplekke elke Sondag. Elke gelowige gemeenskap word aan die hand van Heb 10:25 opgeroep om weer die gemeentelike byeenkoms die spilpunt van hulle lewens te maak.
Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
"Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!"
Bron: Hebreërs 10:25
Opnamedatum: 2022 09 10
Music used in this video:
1) Sang GK Matlabas Ps 95
2) Helpende Woord Outro Turning Slowly Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License