top of page

Kansvatters!
Helpende Woord 81 Hooglied 2 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Dis asof Suid-Afrikaanse bestuurders al hoe meer moedig raak ... moedig om padreëls te verontagsaam. Verkeersligte word ge-ignoreer. Daar word op die padskouers verbygesteek (soms selfs teen die aankomende verkeer). Wit lyne word verontagsaam. Die Bybel sê dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Dis hierdie toenemende voorkoms van wetsongehoorsaamheid wat later die hele samelewing so deursuur dat algehele wetteloosheid niemand hoef te verbaas nie (Hooglied 2:15). Volg Helpende Woord Vrydae op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Bron: Hooglied 2:15 Kansvatters! Helpende Woord#81 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 08 19 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 1) Turning Slowly Helpende Woord Outro Turning Slowly 3:21 Ugonna Onyekwe Cinematic | Calm You're free to use this song and monetize your video. YouTube Audio Library License position: 134
bottom of page