top of page

God van die Daeraad

Ds Gustav Opperman Helpende Woord#120 Solidariteit Helpende Hand

Die digter van Psalm 19 leer ons om na God se skepping te kyk en sodoende Hom beter te leer ken. "Die hoĆ« hemelrond vertel met bly mond Gods heerlikheid en eer", lui die beryming van daardie Psalm. Ons sien dit ook in die pad van die son wat op sy majestieuse baan daagliks deur die hemelruim stap. Geen mens behoort hierdeur koud gelaat te word nie. Die gelowige veral moet tyd inruim om hom van die Here se skeppingswerk te vergewis en daardeur sy Skepper beter te leer ken. Volg Helpende Woord Vrydae op  woordeuitsywoning.com   


Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos.  Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik.  Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand.  Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.


Bron: Psalm 19 

Helpende Woord#120  

Solidariteit Helpende Hand 

Ds Gustav en Ina Opperman Woorde uit sy Woning 

Opnamedatum: 2022 06 11


Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. 

With thanks and appreciation: 

1) The Long Night  

Artist:  Quincas Moreira  

YouTube Audio Library License           


2)Turning Slowly  

Helpende Woord Outro  

Artist: Ugonna Onyekwe 

YouTube Audio Library License

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

​

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page