
God se beloftes roes nie
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#128 Solidariteit Helpende Hand
'n Eetplek in Hartbeespoort het met die oulike idee te vore gekom om paartjies die geleentheid te gee om hulle trou aan mekaar te bevestig: bring jou slot (of koop een by hulle) en sluit dit vas aan "die Liefdesbrug" op hulle perseel. Die brug, saam met 'n verkleinde replika van die Eiffeltoring, is nou al oortrek met slotte, sommige baie verweer en verroes met die jare. God se beloftes, egter is standhoudend oor die jare. Hulle is ook baie vaster en sekerder as die beloftes wat mense teenoor mekaar maak (2 Kor 1:20). Volg Helpende Woord Vrydae op woordeuitsywoning.com
Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
"Dit is ons roeping om in ons YouTube-kanaal (Woorde uit sy Woning) deur Skrifgetroue preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie van Jesus Christus te versprei in Suid-Afrika en orals in die wêreld waar gelowiges 'n behoefte het om die Woord te hoor. Welkom by ons internetbediening!"
Bron: 2 Korintiërs 1:20
Opnamedatum: 2022 08 19
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
1)Parisian Cafe Artist: Aaron Kenny YouTube Audio Library License
2) Cafe Regrette Artist: Asher Fulero YouTube Audio Library License
3) Helpende Woord Outro Turning Slowly Artist Ugonna Onyekwe YouTube Audio Library License