top of page

Covid vrees? Praat met jouself!
Helpende Woord 69 Psalms 42 - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
Ons leef nou al meer as 'n jaar saam met die Covid 19 virus. Die een golf na die ander het oor ons gespoel. Daar was die eerste golf van paniekaankope. Toe was daar 'n tweede golf van drastiese staatsinmenging. Met siektes en sterftes wat onlangs baie skielik rondom ons toegeneem het, ervaar ons nou 'n derde golf in al sy felheid. In Psalm 42 roep die Psalmdigter uit in sy nood soos die een lewensgolf na die ander hom oorspoel en dreig om hom te verdrink. Terseldertyd egter, praat hy ook met homself, vermaan hy homself dat die HERE steeds in beheer is en dat elke gelowige sy hemelse bestemming sal bereik. Daarom moet hy nie aan vrees en paniek toegee nie. Skryf in op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Kliek op die klokkie en volg Helpende Woord Vrydae. Daar is reeds 69 Helpende Woord video's en 600 video's om van te kies. Helpende Woord bestaan uit oordenkings van drie tot vyf minute waarin eenvoudige Bybelse waarhede visueel vir die sosiale media gebruiker aangebied word. In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord weeklikse geestelike pitkos. Sodoende word die goeie nuus van hoop enige tyd en enige plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks oordenkings word deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman. Bron: Psalm 42 Covid-vrees? Praat met jouself! Helpende Woord#69 Solidariteit Helpende Hand Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 06 01 • Sou YouTube wel advertensies op ons video’s plaas, doen hulle dit eensydig en het ons geen sê daarin nie. Ons het die volgende eposkennisgewing ontvang: Music used in this video obtained from YouTube Audio library. With thanks and appreciation: 1) Melancholia Ambient Sad Godmode 1:52 YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. YouTube may credit the artist and link the Audio Library from your video. You may not make available, distribute or perform the music files from this library separately from videos and other content into which you have incorporated these music files (e.g., standalone distribution of these files is not permitted). 2) The Hungry Ghost Ambient Sad I Think I Can Help You 2:18 YouTube Audio Library License 3) Elegy Ambient Sad Asher Fulero 2:42 YouTube Audio Library License 4) Turning Slowly Helpende Woord Outro Turning Slowly 3:21 Ugonna Onyekwe Cinematic | Calm You're free to use this song and monetize your video. YouTube Audio Library License You’re free to use this audio track in any of your videos, including videos that you monetize. No attribution is required. position: 171
bottom of page