
Bewaar ons taal!
Ds Gustav Opperman Helpende Woord#118 Solidariteit Helpende Hand
Die Afrikaanse Taalmonument bly steeds in die nuus. Talle organisasie het tereg beswaar aangeteken teen 'n voorgenome naamsverandering van regeringskant. Die Afrikaner voel weereens die bedreiging aan teenoor sy kultuur en taal. Dit is goed dat volksgenote en in besonder geloofsgenote erns maak met hulle taal, dat hulle ook respek teenoor hulle eie taal bewys deur dit suiwer te praat. Sodoende sal buitestanders ook respek vir die taal kry. Maar meer nog: in jou omgang met die Here se woord, sal jy alleen groei, indien jy vaardig is in die taal waarin dit geskryf is. (Ps 19)
Eenvoudige Bybelse waarhede (3-5min). In 'n gejaagde lewe met dikwels beperkte data tot ons beskikking, bied Helpende Woord elke Vrydag geestelike pitkos. Deel die Goeie nuus van hoop, enige tyd en plek toeganklik gemaak vir almal wat oor 'n selfoon, tablet of rekenaar beskik. Die Helpende Woord reeks word deur Woorde uit sy Woning vervaardig op versoek van Solidariteit Helpende Hand. Ds Gustav Opperman is die aanbieder. Die redigering word behartig deur Ina Opperman.
Opnamedatum: 2022 05 30
Musiek gebruik in hierdie video:
Met dank en erkenning: FAK
1) Afrikaans vir my
Met dank en erkenning: https://www.fak.org.za/sangbundel/
Voortrekkermonument, Eeufeeslaan, Groenkloof,
Tel: 0027 012 301 1777
2) Afrikanerlied https://www.fak.org.za/sangbundel/
3) Kom Afrikaners! https://www.fak.org.za/sangbundel/
Outro Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation:
4) Turning Slowly
Helpende Woord Outro
Artist: Ugonna Onyekwe
YouTube Audio Library License