top of page

UIt diep van Donker Nagte: Gesig van die Martelare (Openbaring)

Dokumentêr - Woorde uit sy Woning, Reformasie 500

Een van die aangrypendste tonele in die gewilde Reformasie 500 teater-in-die-rondte produksie, Uit Diep van Donker Nagte, is die toneel uit Openbaring: Gesig van die Martelare. Hierdie is 'n kort uittreksel uit die DVD, wat tans op versoek weer beskikbaar is. Met teater-in-die-rondte effek word die gehoor midde-in die Hervormingstryd geplaas wat hom afspeel net na die Middeleeue. Die produksie is sover moontlik 'n korrekte weergawe van werklike geskiedkundige gebeure. Enkele karakters is denkbeeldig, maar die omstandighede waarin hulle geplaas word, is lewensgetrou. In die styl van die klassieke Griekse teater lewer die spreekkoor kommentaar op die gebeure. Grootskermprojeksie van Middeleeuse grafiese kuns verhoog die dokumentêre inslag van die produksie. Ontmoet bekende leiersfigure, rolspelers tydens die Reformasie: Luther, Calvyn, die moedige De Bres, 'n kleurvolle Tetzel, die oppervlakkige koninklike huis van Frans 1, die sluwe regentes, Katharina de Medici, (meesterbrein after die bloedbruilofkomplot), asook die magsbehepte Slagter van Vassy, wat self sy oog op die koninklike troon gehad het. Die DVD kan bestel word by Musiek gebruik in hierdie videosnit: Komposisies van Henning Dafel Viool: Cathy Dafel position: 323
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page