top of page

Uit Diep van Donker Nagte: Beeldeoptog

Dokumentêr - Woorde uit sy Woning, Reformasie 498

Uit Diep van Donker Nagte is 'n Reformasie DVD vol hoop, geloof en blymoedigheid te midde van 'n verwarde, angstige en gewelddadige wêreld. Dit skyn die lig op die waarheid. Die donker kant van die geloofstryd word uitgebeeld, maar die werklike Verlosser tree na vore. Regie: Ina Opperman Bestel by . Gedurende 2017 het protestante wêreldwyd die 500 jarige herdenking van die Refromasie gevier wat op 31 Okt 1517 ontvlam het toe Maarten Luther sy 95 stellinge op die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het. Die martelare en die geloofshelde van die 16de eeu was instrumente in God se hand. Hulle was toegerus met besondere gawes om die dwaalleringe in die Roomse Katolieke Kerk uit te wys. - vandaag die naam Protestante om gelowiges terug te lei na die Lig. Die pad wat hulle moes loop, was bitter moeilik en dikwels met bloed deurdrenk. Hulle put hulle krag uit die wete dat hulle verloste kinders is van God. Hulle vertrou hul Hemelse Vader. Hy sal verlossing bring op die regte tyd. Hy is 'n regverdige Regter. Uit Diep van Donker Nagte - Resensies “Met hierdie aangrypende produksie is ons weer teruggevoer na een van die donkerste tye in die geskiedenis van die kerk … maar het ons ook gesien hoe die Here in sy genade deur die bloed van die martelare sy kerk teruggebring het na sy Woord en vasgeanker het in sy Waarheid.” – Jorrie Jordaan, Emeritus professor en Rektor, TeologieseSkool, Potchefstroom “’n Credo de force… ‘n cum laude triomfproduksie met meesterlike regie en woordinhoud … ‘n weergalose verrykende ervaring.”– Eddie Davey, musikus/orrelis “’n Uitstekende geesteswroegende produksie.”–Arie van der Plaats “Baie besonders en diep aangrypend. Nie net ‘n baie goeie historiese perspektief met besondere relevansie vir die hede en ook vir ons in Suid-Afrika nie, maar as sodanig ‘n uitnemende geloofservaring. Mag dit groot vrug dra terwille van die Koninkryk van die hemele!” – Hoffie Hofmeyr, Emeritus professor in Kerkgeskiedenis, Universiteit van Pretoria “Musiek-ensemble en instrumentaliste puik… elke tussenspel treffend … uitstekende verwerkings … sang besonder oortuigend … soliste hartroerend mooi … groots en uit die hart!” – BabsBrouwer, Koorleidster, Potchefstroomse Mannekoor “Ontstellend, ontroerend, insiggewend, opbouend. Dit bied opnuut waardering vir die strydom die Waarheid en die krag van God se genade in dié wat Hom opreg vertrou. Ons het ‘n kosbare erfenis!” – Jan Buitendag Uit Diep van Donker Nagte: Reformasie 500 - Skryfster en Regisseuse: Ina Opperman Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 1) Dangerous You're free to use this song and monetize your video, but you must include the following in your video description: Dangerous by Kevin MacLeod is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Source: Crisis - Scoring Action 1:26 Kevin MacLeod Cinematic | Dramatic You're free to use this song and monetize your video, but you must include the following in your video description: 2) Crisis - Scoring Action by Kevin MacLeod is licensed under a Creative Commons Attribution license (https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/) Source: http://incompetech.com/music/royalty-free/index.html?isrc=USUAN1100277 Artist: http://incompetech.com/ http://incompetech.co m/music/royalty-free/index.html?isrc=USUAN1100414 Artist: http://incompetech.com/ 3) Stark Goes Dark 2:53 The Whole Other Cinematic | Dramatic You're free to use this song and monetize your video. 4) Échappé 2:40 Dan Bodan Cinematic | Dramatic You're free to use this song and monetize your video. position: 328
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page