top of page

Hoe lieflik is U wonings! Unieke terugblik op 'n Afrikaanse gelowige gemeenskap

Dokumentêr - Woorde uit sy Woning

Hoe lieflik is u Wonings! Eeufees ‘n Unieke gemeente met ‘n unieke geskiedenis in ‘n unieke omgewing. Die Gereformeerde Kerk Matlabas was op 9 Junie 2018 een honderd jaar oud. Hierdie video verskaf nie net ‘n beeld van die eeu wat verbygegaan het nie, maar gee ook ‘n kykie in die kulturele en kerklike lewe van ‘n gemeenskap wat vandag nog die geloof van hulle vaders koester: die Theunissens, die Roetse, die du Plessis, die Schuttes, die Trichardts en talle ander. Die gemeente beskik oor ‘n kerkgebou wat nou bykans 86 jaar lank langs die Matlabas-rivier bokant die Vaalbos en die Bosveldse Geelhakke uittroon ... in sigself ‘n monument van stylvolle gereformeerde eenvoud. Dit was op hierdie kerkwerf waar daar met ossewaens nagmaal gevier is, eredienste gehou, kinders gedoop en geliefdes begrawe is. Die ernstige, maar vermaaklike video vertel hierdie verhaal deur middel van onderhoude met oud-predikante, oud-lidmate en lidmate tans. Die onderhoude word afgewissel met argiefmateriaal en video opnames wat spesiaal opgeneem is deur Gustav en Ina Opperman. Beide het jarelange ondervinding in die maak van dokumentêre produksies vir Suid-Afrikaanse Televisiekanale. Musiek wat gebruik word in die video: Borrtex 02 Perception Borrtex 03 Motion Borrtex 04 Gravity Psalm 84: Psalmsing tot God's eer - Ode Ensemble bestellings@gksa.co.za Psalm 105: Psalmsing tot God's eer - Ode Ensemble bestellings@gksa.co.za Psalm 47 fluitintro: Glorieryke Psalms www.ico.org.za, info@ico.org.za position: 670
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page