top of page

Wil jy nie maar terugkom huistoe? Minireeks Jeremia 3/3
Nagmaal Preek Jeremia 31 - Woorde uit sy Woning
Bokant die deur van die Vaderhuis is daar 'n groot banier: Jou sondes is betaal! Jou sondes is vergewe! “Welkom terug, my seun! Welkom terug my dogter!” Die HERE het aan my verskyn uit die verte Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde, daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid Tema: Welkom terug, my kind! Ons stap vandag saam met die profeet Jeremia. Saam met hom het ons by wyse spreke diep in die modderput afgesak. Maar ook saam met hom het ons ook op die hoogste piek gestaan en die toekoms in gekyk na die dae wat kom. Ons het ook saam met die Gees van Christus die seëninge van die HERE van die nuwe verbond gedeel. Ons het dit gehoor, gesien en geproe … Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! (Psalm 103:2) Ons het baie om oor dankbaar te wees Ons het baie om oor na te dink … En daarom het ons na nog 'n gedeelte uit Jeremia se troosboek geblaai … Die eerste deel van Jeremia 31, wat eintlik meer as net 'n troosboek is, want hier speel Jeremia op die fluit Hy sing en hy dans en hy jubel … soos die tortelduiwe na 'n reënstorm. Die volk Israel is verlos van die ballingskap. Hulle is op terug huis toe ! U het vanoggend die liefde van God ervaar in die sakrament van die heilige nagmaal. God het die ballingskap opgehef. Hy sien ons nie meer aan vir wat ons is nie. In Christus staan die poorte van die Beloofde land nou weer vir ons oop. En ons … ons die begenadigdes in die woestyn, vir ons is die pad terug dalk lank. Ons en ons lewens is dalk nog heeltemal vervlenter van die sonde. Ons is miskien nog huilend en smekend. Soos by Paulus moet die skille nog van ons oë afval, maar ons het die boodskap gehoor. Ons mag maar terugkeer na die Vaderhuis! Uit die agterstrate van Ninevé, uit die varkhokke van ons eiewilligheid, sal ons opstaan: Ek sal opstaan en na my vader gaan ... (Lukas 15:18). Hoe sal dit weer by die huis wees? Wat het oorgebly van dit wat eers my ouerhuis was? Dis alles vrae wat deur die balling se kop gaan. Maar voor daar antwoorde kom, raak hierdie vrae skielik onbelangrik. Want kyk, daar op die woestyn pad verskyn 'n Figuur op die horison … 'n Onverwagte ontmoeting. Die HERE het aan my verskyn uit die verte. Ja, geliefde gemeente, dis die wonderlike van ons Vader. Toe ek opstaan ... toe u opstaan om terug te gaan … toe het Hy reeds opgestaan … en Hy het ons tegemoet gekom. En die jongste seun het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel ... En Hy het gehardloop en Hy het hom omhels en Hy het hom hartlik gesoen (Lukas 15:20). En in daardie omhelsing sê die Vader vir die seun, sê Hy vir Efraim Sy seun: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde, daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid ... Bron: Jer 31: Welkom terug, my kind! Belofte Minireeks uit Jeremia 3/3 Nabetragting Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 605
bottom of page