top of page

Wil jy moed opgee? Pasop vir verleidelike kortpaaie in beproewing en versoekings

Preek Matthéüs 4 - Woorde uit sy Woning

Dat ons in die woestyn lewe, dis nie te betwyfel nie. Van hierdie aarde wat vir ons dorings en distels voortgebring het, eet ons ons brood in die sweet van ons aangesig. En so struikel almal van ons deur die distels en die wildernis. En ook hier laat die duiwel ons nie met rus nie. Ook hier kom die groot versoeker om vir ons verleidelike kortpaaie te bied. Smag jy na 'n beter lewe? Wil jy moed opgee? Die Skrif leer ons ook van ‘n woestyn versoeking. U sal onthou hoe Israel in die woestyn beproef was. Honderde jare later met die uittog uit Egipteland word die seun van God weer beproef. Dis hoe ons die volk Israel in die boek Eksodus leer ken as die seun van God ... Die seun van God word soos ons vandag, in die woestyn getoets ... ‘n woesteny vol dorings en distels. Veertig jaar lank in die woestyn is hulle gelei ... tot beproewing gelei, om te weet wat in hulle harte was. Nogtans het God hulle daar versorg, wonderlik versorg. Daar was water, daar was manna, daar was God se vuurkolom snags en sy wolkkolom bedags. Veertig jaar lank het die skoene aan hulle voete nie verslyt nie. Veertig jaar lank is Israel beproef om te sien of hulle op die HERE alleen sou vertrou ... volkome sal vertrou ... Onthou dit, die dag wanneer u in u woestynbestaan wanhopig wil raak. Bron: Mattheus 4 Wil jy moed opgee? Pasop vir verleidelike kortpaaie in beproewing en versoekings Ds Gustav Opperman (2019 01 20) Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 533
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page