top of page

Wie kla jy aan? God in die beskuldigdebank?

Bybelstudie 25 Exodus 17 - Woorde uit sy Woning

Ons kan maar net onsself daaraan toets tot watter mate ons in ons eie lewe die HERE so maklik in die beskuldigde bank plaas. En 'n mens hoor dit eintlik deesdae al hoe meer: Ek kan nie 'n God dien wat so onregverdig is nie. Hoe kon die Here DIT toegelaat het! Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 25ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus 17:1-7 Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien #25 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 11 06 position: 526
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

​

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page