top of page

Wie bly saam met God?
Nagmaal Preek Efésiërs 2 - Woorde uit sy Woning
Voel ek gemaklik tussen die kerkmense? Is dit die mense met wie ek graag wil meng? Of is die mense daarbuite se geselskap vir my interessanter? Wil ek my Verlosser beter leer ken? Voorbereiding: Efesiërs 2 ds Gustav Opperman,. Die nagmaal is 'n unieke geleentheid vir 'n unieke gemeenskap. Geen ander godsdiens in die wêreld het iets soortgelyk nie. 'n Unieke gemeenskap, want ons is waarlik een. Ons sit aan dieselfde tafel. Ons deel die beker. Ons is een in die aanbidding, in die lofprysing van hulle Here en Meester, die gekruisigde Jood, die opgestane Messias, die Seun van God. Om deel te wees van hierdie nagmaalgemeenskap is nie 'n vanselfsprekende saak nie Hoe lyk hierdie besonderse gemeenskap ? Die apostel Paulus gee ons 'n definisie in sy brief aan die Efesiërs. En daardie definisie sê: God woon hier … hier in die gemeente. Die geloofsgemeenskap is nie vreemdelinge en bywoners nie, skryf hy. Hulle het burgerskap van God se koninkryk, hulle is deel van God se huisgesin, hulle word opgebou tot 'n huis van God. As ons dit verstaan, sê die apostel, sal ons nie mense beny wat nie Christene is nie. Ons sal nie soos hulle wil dink en doen en praat nie. Ons kinders sal nie soos die heidense kinders wil lyk nie. Tussen die gelowige en ongelowige lê daar dus 'n verskil so groot soos dag en nag. Jy is of die een of jy is die ander. Bron: Efésiërs 2 Wie is bly saam met God? Voorbereidingsdiens Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 02 16 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 16
bottom of page