top of page

Wat vrees jy? Waarop vertrou jy?

Preek Psalms 115 Heidelbergse Kategismus 9 - Woorde uit sy Woning

Vrees julle die politieke onweerswolke wat op die horison saampak? Vrees julle wetteloosheid en anargie? Die Psalms gebruik nie dikwels herhaling nie. Daarom spits ons ons ore wanneer ons wel herhaling teëkom. Hoekom is dit byvoorbeeld nodig dat ons in hierdie psalm drie maal na mekaar hoor: Vertrou op die HERE: Hy is julle hulp en hulle skild! Vertrou op die HERE Hoekom is dit nodig? En dan ook, met die intrapslag, die opdrag twee maal na mekaar: Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer. Mag dit dalk net wees dat die geloofsgemeenskap juis hiermee ‘n probleem het? Geliefdes, u moenie vaskyk in die huidige ongehoorsame kinderlose Doppergeslag nie. U moet vorentoe kyk, na die hemelse heerlikheid. Kyk vooruit na boek Openbaring na die groot menigte eendag wat niemand kon tel nie, uit alle nasies, stamme, volke en tale (Openbaring 7:9). Daar is niks op aarde of in hemel wat gebeur wat hierdie almagtige God en Vader verras nie. Elke oomblik van my lewe is vooraf bepaal. Is dit nie wat ons ook in Psalm 139 leer nie? Daar’s niks bedek voor u, o HERE U skou uit ewige dieptes neer en sien my hart en wandel aan: al wat ek doen, my sit en staan ... my gaan en lê, waar ek my wend ... my weë is aan U bekend (Psalm 139 berymd). Waarom sal julle op iets anders of iets anders vertrou, Huis van Israel? Julle het mos met hierdie beloftes grootgeword, nie waar nie? julle is mos kinders van die verbond. Waarom sal julle dan begin twyfel as die heiden sê: Waar is julle God? Waarom sal julle dan stilbly as die slim manne vir julle sê: Daar is geen God nie en hierdie aarde is uit ‘n oerknal gebore? Waarom sal julle toegee aan ‘n kultuur wat sy heil in geld en goed vind? Hoor, o huis van Aäron, laat ons ampsdraers van die kerk hoor! Hoor, o mede-dominees wat angstig allerhande toegewings aan die wêreld wil maak, mede-dominees wat ook maar die evolusie geloof begin omarm het voor die god van menseregte begin buig het, omdat julle die spot van geleerde mense wou afweer omdat julle bang is julle word as agterlike plat aarde fundamentaliste afgemaak ... of andersins omdat julle so graag gewild en aanvaar wou omdat julle bevrees is vir julle traktement en pensioen ... Vrees julle die politieke onweerwolke wat op die horison begin saampak? Vrees julle die tyd van wetteloosheid en anargie wat ons besig is om tegemoet te gaan. Vrees julle die volgende afgradering van Suid-Afrikaanse ekonomie? Bron: Wat vrees jy? Waarop vertrou jy? HK 9 & 10 Psalm 115 Videoreeks: Troos/Bely uit die Psalms #14 Musiek in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 601

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page