
Wat sal ons dan doen?
Luk 3 Ds Gustav Opperman
Dis baie onwaarskynlik dat die president van Amerika ons ooit sal besoek, eintlik heeltemal onwaarskynlik. Wat ons wel weet, wat ons vir seker uit die Woord van die Here weet, is dat die Here Jesus Christus ons eendag wel kom besoek. Wat moet ons dan doen? Hoe sal ons daarvoor voorberei? Woordverkondiging: Luk 3, ds Gustav Opperman.
Die vraag is nou en dis dieselfde vraag wat die skares van Juda destyds gevra het: Wat moet ons dan doen? As dit Koning Jesus Christus is, wat hier sal aankom, hoe gaan ons voorbereidings dan lyk? Die koms van die koninkryk. Die boodskap van die evangelie gaan 'n radikale skeiding te weeg bring. Dit was Johannes se boodskap. Die doop van die Heilige Gees gaan die evangelie deur die wêreld laat loop. Daardie evangelie gaan soos 'n vuur deur die wêreld loop … 'n vuur wat uiteindelik met die wederkoms 'n totale skeiding te weeg sal bring. Die Christus sal sy dorsvloer uiteindelik deur en deur skoonmaak.
Met die koms van die Koning het die Koning self gesê: Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid (12:51) Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! (12:49) En as daar nou iemand by u huis opdaag, geagte lidmaat, of as ons oor die brandkanaal sou hoor, as daar nou iemand by hierdie gemeente opdaag en ons waarsku, ons waarsku dat daar 'n verskriklike vuur aan die kom is, is dit nie genade nie? Lê die genade nie juis daarin nie? dat ons die waarskuwing betyds ontvang het nie?
Bron: Lukas 3:1-20
Opnamedatum: 2021 09 26
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/