top of page

Wat maak ons met die geweld?

Preek Psalms 5 Heidelbergse Kategismus 40 - Woorde uit sy Woning

Wat maak ons met al die geweld in hierdie wêreld? Wat gemaak met al die moordlus in hierdie land? Wat gemaak met die wraaksug wat ek hier in my hart koester? Volg die HK Troosreeks: Bely uit die Psalms op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Hierdie is die 50ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Wat gemaak as die haat geil in die samelewing begin groei, daagliks groei en toeneem? Eers het ons gelees van gevalle van padwoede ... nou begin ons dit self ervaar. Eers het ons gehoor van plaasaanvalle ... nou ken ons al hoe meer mense wat dit nou al beleef het ... en baie wat dit nie oorleef het nie. Wat gemaak as daar selfs ‘n wet teen haatspraak moet wees ...? En steeds borrel die venyn buitendien uit. geen wet kan dit keer nie? Die wat nie deur hulle dade besig is om ander dood te maak nie die wat nie besig is om ander deur hulle dade te onteer nie, is besig om dit met hulle gebare te doen ... en hulle woorde ... Daarvoor bied die kommentaar afdelings van die sosiale media meer as genoeg geleentheid ... vir die openbaarmaking van naakte aggressie, geleentheid vir die mensdom om te moor met woorde. Maar wat doen ‘n mens ... of laat ek dit so stel ... wat doen ‘n gelowige te midde van al hierdie onreg ...? Skel saam ...? Haat saam ...? Wreek saam ...? Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 40 Vr 105-107 Psalm 5 Wat maak ons met die geweld? Troosreeks: Bely uit die Psalms#50 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2018 04 08 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 position: 388

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page