top of page

Wat kan die regverdige doen te midde van chaos? God sien!
Preek Psalms 10 - Woorde uit sy Woning
Ek ontvang een Saterdagoggend ‘n Whatsapp-boodskap van ‘n kollega. Hy was Vrydagaand op pad terug van Pretoria na Carletonville toe hy en sy twee dogters se pad deur klippe versper word ... dit en brandende bande ... en dat hulle motor onder die klippe gesteek word. Net betyds kon hulle die motor omdraai en die lokval ontkom ... Dinge kon so maklik anders vir hulle verloop het. Ons lees nou byna daagliks van sulke voorvalle as ons nie self eerstehands van vriende en familie verneem nie. Dis die probleem van die omgekeerde fondamente. So vandag vra ons, saam met u, vra ek die HERE vandag: as die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen ...? Grondonteiening sonder vergoeding? Grondgrype? Bron: Prk Ps. 11 (Omgekeerde fondamente) Lees Psalms 10,11 en 12 Teks Ps. 11:3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Psalms: 138:1,2, 138:3,4, 68:3, 68:9, 68:15,16. Tema: God sien en God oordeel position: 717
bottom of page