
Wat is die Ewige Lewe?
Joh 17 Ds Gustav Opperman GK Outjo @WoordeuitsyWoning
Ons weet talle presidente en konings belowe alewig ‘n beter lewe aan hulle onderdane, maar nie een van hulle kan aan hierdie arme mense ‘n ewige lewe bied nie. Wat behels hierdie ewige lewe, Broeders en Susters? U wat vandag hier is op grond van die feit dat van ‘n daardie ewige lewe u die erfgename is? Is dit miskien die soort bestaan wat uit kinderverhale aan ons voorgehou word? Kinderstories waar ons lees: “en hulle het vir ewig-en-altyd gelukkig gelewe. ‘n Vir ewig-en-altyd saam met die familie, saam met oorlede pappie en ouma in die hemel en natuurlik ook Buksie die hond. Woordverkondiging: Joh 17, ds Gustav Opperman, GK Outjo.
Daar waar Boetie vir die hemelse eerstespan sal uitdraf? Daar is twee dinge verkeerd met hierdie siening: eerstens, die ewige lewe is nie soseer ‘n tydperk as wat dit God self is nie ... nie oupa of pappie, boetie of buksie nie maar God self in ‘n hier-en-nou sonder ophou. In ons Skrifgedeelte gee die Here vir ons ‘n idee wat die ewige lewe is wat aan God se kinders geskenk word: Dit is om te ken, om die enige waaragtige God te ken, en Jesus Christus wat Hy gestuur het.
Bron: Johannes 17
Opnamedatum: 2023 05 07
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/