top of page

Wat is beter as 'n held? Stryd in my hart: Die Slagveld.
Preek Spreuke 16 - Woorde uit sy Woning
Dis oorlog! En die toekoms van die ganse skepping en die totale mensdom is op die spel. Nasies en volke word gewen en verloor. Dorpe en stede is in die spervuur Maar ook die siele van mense ... ook die siele van mense, my eie siel en die siele van diegene vir wie ons lief is, ook daardie siele vorm deel van die slagveld. Trouens, volgens die Bybel is dit die eerste en belangrikste deel van daardie slagveld. Die stryd word eerstens hier binne in my hart gewen of ... of verloor. Kort van draad. Kort gebak. Vir party moet jy oppas of hy vloek die wit waks op jou uit. U ken seker ook sulke mense. U is dalk self een van hulle. Almal van ons het iets van hulle in ons. Het jy selfbeheersing? Kan jy jou humeur beteuel? Bron: Spreuke 16, Lukas 9:51-56, Handelinge 8:1-8. Tema: Die Lankmoediges behaal die oorwinning Teks 16:32 Die lankmoedige is beter as 'n held, en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem. Preek: 2017 12 10 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 549
bottom of page