top of page

Wag op God se stem!

Preek Habakuk 1 - Woorde uit sy Woning

Wag op God se stem! Habakuk 1 Minireeks 1/3 Woorde uit sy Woning: Die profeet roep die Here om hulp, maar Hy antwoord nie! Die profeet skreeu sy nood uit, maar die Here help nie! Lees Hab 1:1-2:1 Teks: Habakuk 2:1 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ’n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek . As u so op die afgelope jaar in hierdie land terugkyk, wat sien ons? Moeite, stryd, twis, verwoesting en geweld! Geweld en nogmaals geweld! Die goddelose omsingel die regverdige. Die wet verloor sy krag. Die reg kom verdraaid te voorskyn. Die reg kom in sommige gevalle nooit meer te voorskyn nie. Wetteloosheid heers in die land. Hierdie woorde vind ons alles in die eerste vier verse van Habakuk se professie. En hierdie woorde is al hoe meer tiperend van die wêreld van vandag, tiperend van ons samelewing ... en laat ons nou maar met mekaar eerlik wees: baie tipies ook van “ons mense want ons moet onthou dat Habakuk sy klag eerstens teen Juda lê, teen sy eie volk. Selfs binne die geloofsgemeenskap is daar moeite, stryd, twis, wetteloosheid. Niemand steur hulle meer aan die Here se Woord nie ... Dis erg genoeg, maar die HERE gee ook nie meer vir die volk ‘n woord nie. Ja, saam met die ander profete, beleef Habakuk al hierdie dinge, maar hy self ervaar een groot probleem: Die profeet roep die HERE om hulp, maar Hy hoor nie. Die profeet skreeu die land se nood uit, maar die HERE help nie. Waarom, o HERE? Hoe lank, o HERE! Habakuk worstel met die HERE. Hoe lank gaan hierdie droogte nog aanhou? Hoe lank gaan die situasie in hierdie land nog voortduur? Hoe lank gaan die kerke in hierdie land ongehoorsaam wees aan die HERE se Woord? Die plunderaars is aan die kom! Hulle brand! Hulle verkrag! Hulle gryp voor die voet! Hulle vat wat voorkom! Hoe lank, o HERE? HERE, dinge kan nie so aangaan in hierdie land nie! Genoeg is genoeg! Het ons nie genoeg moeite om net daagliks te oorleef nie ... maar lees of kyk jy die media, dan is dit ook net stryd en twis. Lees ons wat met ons mense gebeur ... met ons taal, met ons onderwys, met ons geloof, in die werkplek, in howe, is dit net die een onreg op die ander. Oral kom ons verwoesting tee ... en geweld en nogmaals geweld. Wat sou ons reaksie wees as die HERE ons so sou antwoord soos Hy Habakuk geantwoord het? As dinge nou erg is, let ‘n bietjie op ... aanskou en staan verstom ... Dit gaan nog baie erger word ... want kyk: Ek gaan die plunderaars opwek. En hulle gaan die stede van hierdie land trek om wonings in besit te neem wat nie aan hulle behoort nie. Hulle gaan deur plase trek om dit te plunder. Klink dit vir u vergesog, dat die HERE hierdie land aan totale wetteloosheid kan oorgee? Dat anargie en algehele bandeloosheid oorneem? Hoe kan Hy soiets toelaat? Maar voordat ons die arme profeet daar laat, moet ons net iets oor Habakuk opmerk, iets wat vir ons as gelowiges, iets wat vir ons as gebedstryders baie kan beteken. Weens sy omstandighede, weens die verskriklike onsekere toekoms wat hy tegemoet moes gaan, kan ons sê dat die profeet self vir ons ‘n voorbeeld is... Please watch: “Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 position: 657
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page