top of page

Waarheid? Fopnuus?
(Joh 18:28 -19:16) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Is daar nog soiets soos die waarheid? Elke jaar stel die opstellers van die bekende woordeboek, die Oxford Dictionary die woord van die jaar bekend. Verlede jaar, volgens hulle, was die woord waarin daar die grootste belang-stelling was, die woord: post truth. Post truth, ‘n woord wat daarop dui dat die mensdom homself nou oorgegee het, oorgegee het aan ‘n werklikheid waar daar geen waarheid meer is nie. Is daar nog ‘n absolute waarheid?
Bron: Lees: Johannes 18:28 -19:16
Teks: Joh 18:35 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? en toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit Tema: Die waarheid in splinters
Psalms: 100:1,2,3,4; 25:4,5; 119:50,51; 43:3,4
bottom of page