top of page

Waarheen is God met ons op pad? Waarvoor is ons gered?

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans tweeduisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Volg die insiggewende Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Dan staan daar op die begrafnisbrief: Oupa Frikkie of Ouma Dalene is nou in die hemel, veilig in Jesus se arms of iets dergeliks. Vir baie mense wat hulself Christene noem, mag dit miskien as ‘n skok kom. Jesus het my nie verlos sodat al my probleme hier op aarde tot ‘n einde sal kom nie. Jesus het nie ander mense verlos sodat alle sosiale ongeregtigheid in ons tyd tot ‘n einde sal kom nie ... alle ongelykheid alle armoede en in hierdie bedeling hemel op aarde sal hê nie ... Jesus het my ook nie verlos dat ek eendag vir altyd ‘n lekker tyd in die hemel sal hê nie. Jesus Christus het baie broers en susters verlos, sodat Hy onder hulle die eersgeborene kan wees. Dit gaan eerstens oor Hom. Dit gaan laastens oor Hom ... nie oor my nie. Waarheen is God met ons op pad? Waarvoor is ons gered? Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In die reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Bron: Romeine 8:29 Waarheen is God met ons op pad? Waarvoor is ons gered? Romeinereeks: Reg voor God Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 11 24 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music used in this video: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa. This is NOT music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition Music used at end of video: Uit Diep van Donker Nagte Composer: Henning Dafel Violist: Cathy Dafel position: 316
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page