top of page

Waar sal ons krag kry?

Ds Gustav Opperman Rigters 6

Die Heilige Gees gee ons ‘n wonderlike kragformule. Die Gees van ons Here Jesus Christus bemagtig ons tot groot dinge. Die HERE sê vir ons: Gaan! Gaan in hierdie krag van jou! Die Heilige Gees kom om van gewone mense, gewone swak mense iets te maak: iets wat hulle van nature nie is nie.


Die volk Israel het in vrees geleef. Die volk het in slote in die berge gebly, in grotte en gate in hulle bergvestings.  In ons terme vandag: agter lemmetjiesdraad, veiligheidshekke en alarmstelsels.  Geen wonder  dat die kinders van Israel in die tyd  hulle HERE aangeroep het nie.  Die HERE stuur vir hulle ‘n profeet soos Hy nog altyd gemaak het  en soos Hy vandag nog maak ... ook met ons hier waar ons vandag sit  soos ons ook soms voel in “dieptes gans verlore  van redding ver vandaan waar hoop se laaste spore in wanhoop ons vergaan”.


Dit vanweë die Midianiete.  Die profeet se preek is ‘n verstommende eenvoudige preek. Die hele situasie is glad nie kompleks nie. Aan die een kant is die troue Verbondsgod en aan die ander kant is die volk. Die troue Verbondsgod bewaar en red.  Hy skep vir sy volk  lewensruimte in die land van melk en heuning. Hy sal hierdie aarde uiteindelik mooier maak  as wat die tuin van Eden ooit was, maar die volk mag nie  die afgode van die land begin eer nie. Die volk moet na die Here se stem luister.  ‘n Eenvoudige preek, geliefdes, ‘n oorbekende preek.

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page