top of page

Waar is die Here se eer!

Preek Maleagi 1 - Woorde uit sy Woning

“Om die HERE se Woord te verkondig, is ‘n dwang wat my opgelê is” (skryf Paulus aan die Korintiërs) “En wee my, as ek dit nie verkondig nie!”(1Kor 9:16). ‘n Swaar gewig gelaai op die skouers van die prediker en met daardie las moet hy nou die gemeente belas. Waar is die HERE se eer, gemeente! Waar is die vrees vir HERE, die vrees wat Hom toekom? Woordverkondiging uit Maleagi 1, ds Gustav Opperman,. Maleagi het ‘n swaar gewig gehad wat hy moes aflewer. En nog steeds is dit nie al nie ... Miskien die ergste van alles: die seuns van Levi kyk toe, die ampsdraers laat dit toe ! Miskien was die onderhouding van die erediens ook vir hulle te veel moeite. Miskien het hulle saam met die volk gekla. Miskien het hulle saam met die harte wat die tempeltrappe uitsteun, gesug: “Ai, wat ‘n moeite ... Ai, maar dis alweer warm in Jerusalem vandag, is dit nie?” Die priesters, die ampsdraers was in ‘n besonderse posisie, ons kan sê: ‘n ereposisie. Die Here plaas hulle in ‘n posisie van eer. As iemand ‘n opsienersamp verlang, dan begeer hy ‘n voortreflike werk, so skryf Paulus aan Timoteus en die diakens wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en wanneer die Opperherder weer verskyn, (volgens die apostel Petrus) wanneer die Opperherder verskyn, dan sal die diakens sekerlik ook saam met die ouderlinge die onverweklike kroon van heerlikheid ontvang. My verbond met Levi was die lewe en die vrede, sê die HERE en Ek het dié aan Levi gegee tot vrees, en hy het My gevrees en hy vir my Naam gebewe. Betroubare regsleer was in die priesters se mond, in vrede en opregtheid het hulle met My gewandel, en hulle het baie mense van ongeregtigheid teruggebring. Geliefdes, ons vir wie die HERE liefgehad het, wat sê die professie van Maleagi vir ons vandag ? Ons wat op die vooraand van die dag van die HERE staan, ons wat reeds die heerlikheid van die sy eerste koms ervaar het en nou wag op sy wederkoms ... daardie dag wat kom en soos ‘n oond sal brand, soos Maleagi elders profeteer (4:1). Wat sê hierdie professie vir ons vandag? Bron: Maleagi 1:1-14, 3:7-12, Romeine 11:33-12:2 Waar is die Here se eer? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 02 09 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 253
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page