top of page

Vreeslose toekoms

Minireeks Preek Habakuk 2 - Woorde uit sy Woning

Die toekoms vreesloos tegemoet! Habakuk is geroep tot die hoogste amp. Hy is ‘n profeet, maar hy vind nie vreugde in sy werk nie. Hy hou nie van die dinge wat hy onder sy eie mense sien en ervaar nie, en, nog erger, hy hou gladnie daarvan dat die HERE vir hulle nog ‘n donkerder toekoms voorsien nie ... dat die HERE ‘n tydperk van plundering vir die volk in die vooruitsig stel nie. Die Chaldeërs, die Babiloniërs is op pad, sê die HERE, en hulle gaan niks ontsien nie en hulle gaan alles vat. Die profeet huiwer nie om hieroor ‘n klag by sy HERE te lê nie. My God, hoe kan u soiets toelaat? Nou staan Habakuk op sy wagtoring Hy wag wat op die HERE se antwoord. In hoofstuk twee antwoord die HERE hom en daardie antwoord is so belangrik dat dit opgeskryf moet word, dat dit op kliptafels gegraveer moet word. Skryf my antwoord, die visioen in groot duidelik letters op kleitablette sodat almal dit kan lees! (is Habakuk se opdrag) en wees verseker dat dit wat aangaande die mens en mensdom voorspel word, dit het ‘n vasgestelde tyd ... Dit spoed na die einde. Wag geduldig al voel dit of dit stadig gaan. Wees verseker dit sal gebeur. Skryf hierdie woorde neer, Habakuk en plak dit op jou yskasdeur sodat jy dit dwarsdeur die komende jaar voor jou oë het! Bron: Minireeks 2/3 Habakuk 2.4 Vreeslose toekoms 2019 01 19 Lees Hab 2:1-2:20 Musiek gebruik in hierdie video Intro: Psalm 65 Slot: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 082 491 4965/ 012 332 0336 position: 655
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page