
Verskuifde Sabbat
Joh 20 Ds Gustav Opperman GK Die Kandelaar
As Messias het Hy hulle gegroet: "Vrede vir julle! Vrede vir julle op God se nuwe sabbat! Vrede vir julle op die opstandingsondag, elke Sondag van die jaar!" Dis die Gekruisigde wat voor ons staan! En die dissipels was bly toe hulle die Here sien. Sonder dat hulle dit besef het, was daardie klompie dissipels op die draaipunt van die wêreldgeskiedenis. Woordverkondiging: Joh 20, ds Gustav Opperman, GK Die Kandelaar woordeuitsywoning.com
Saam met die seëngroet saam met die blydskap en die bemoediging en die vertroosting het daardie erediens soos elke erediens vandag nog ook sy opdrag gehad: Soos die Vader My gestuur het, het die Here Jesus aan die gemeente destyds gesê Soos die Vader My gestuur het, soos die Here Jesus elke Sondag vandag nog aan sy ampsdraers sê Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Van daardie Sondag af stuur Hy sy diensknegte, “Gaan, maak dissipels doop hulle leer hulle ...”
Aan die begin van die nuwe era staan hulle daar ... die eerste ampsdraers van die Nuwe Testamentiese kerk ontvangers van die Heilige Gees draers van die sleutels van die koninkryk ... wat hulle hier op aarde sal oopsluit, sal in die hemel oopgesluit wees wat hulle hier op aarde sal toesluit, sal in die hemel toegesluit wees ... die eerste ampsdraers van die nuwe testamentiese kerk In hulle amp bevestig deur Jesus Christus self ... Bevestig op die eerste sabbat van die nuwe verbond ...
Bron: Johannes 20
Opnamedatum: 2022 07 03
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/