top of page

Versadig gepreek?
Preek 1 Korinthiërs 4 - Woorde uit sy Woning
Baie mense het al te veel preke gehoor. Die Korintiërs was versadig gepreek. Selfs van ons mense het oor die jare moeg geword vir die eenvoudige evangelie. Die Bybel bevat baie waarskuwings oor die gevare van 'n afgekoelde liefde vir die Woord. Skrifgedeeltes: 1 Korinthiërs 4:1-10, Openbaring 3:14-22, Psalm 89:1,6. Grendel Woordverkondiging Sondag 31 Mei 2020, ds Gustav Opperman. So, daar is hierdie facebookblad ... ‘n blad vir almal wat in die vroeër jare by die destydse SAUK se radio uitsendings betrokke was ... almal wat 20 of dertig jaar gelede daar gewerk het. Hulle gesels oor die goeie ou dae. Hulle diep herinneringe op. Een van die deelnemers praat oor die destydse godsdiensprogramme. Daardie dae het die voorreg om eredienste, kerkdienste en Skrifoordenkings te kan uitsaai uitsluitlik aan die predikante van die sogenaamde drie susterskerke behoort. Een van die deelnemers op die Facebook- blad merk op dat hierdie opnames vir die SAUK tegnici en omroepers sieldodend was. Hy skryf: “Wat 'n “schlepp!!! Dit was die een dominee na die ander. Die een preek na die ander: “Votum, seëngroet, bid, preek, bid, sing ... Vvotum, seëngroet, bid, preek, bid, sing ... Dis so vervelig soos boekvoorlesings en resepte!!” Dan voeg ‘n ander een by: “Dit voel vir my ek het duisende dominees opgeneem ...” “Nog ‘n bekende omroeper vertel hoe hy eendag tydens die erediens uitsending aan die slaap geraak het.” ‘n Ander omroeper noem dat hy so baie preke gehoor het dat hy later “eelte op sy siel” gekry het. Hierdie manne was versadig ... versadig, sat gepreek. Hulle het dit alles al gehoor ... te veel gehoor, hulle siel was al vereelt. Die omroepers meld dat hulle soms die dominee uitgevang het dat hy dieselfde oordenking weer en weer herhaal het. Wat sommige dominees betref het hierdie sieldodende boodskappe uit hulle eie dooie siele voortgekom. Dit was moeilik om hierdie hulle te beskou as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. Dis mos hoe Paulus homself aan die begin van hierdie Skrifgedeelte beskryf. Paulus is ‘n dienskneg van God se Gesalfde en hy is daar ... daar vir die Korintiërs om die geheimenisse van God se ewige raadsplan aan hulle te bedien. Dis net ... dat hierdie gemeente ook al versadig gepreek was. Hulle was alreeds ryk. Hulle het op Paulus begin neersien. Van die sewe keer wat die woord opgeblase in die Nuwe Testament voorkom, is ses daarvan in hierdie brief aan die Korintiërs. Opgeblase. Vol van hulself Selfgenoegsaam ... So vanuit die hoogte het hulle begin om dominee Paulus te minag. So het hulle die een predikant teen die ander opgeweeg. Sommige het wel van Paulus gehou, ander het meer van dominee Apollos gehou ... ander weer het gedink dominee Petrus preek beter. ‘n Ryk versadige kerkmense ... soos ons volkie ook geword het, geliefdes So was dit ook met ons mense die afgelope dertig, veertig jaar. ryk en versadig gepreek ... Bron: 1 Korintiërs 4, Openbaring 3 Versadig gepreek? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 05 29 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 89:1,6 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.z Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 401
bottom of page