top of page

Verootmoedig jou!

Preek Daniël 9 - Woorde uit sy Woning

Hierdie week is die sewende van die grendelstaat en Suid-Afrikaners moet steeds baie dinge ontbeer. Vir die ware gelowiges is die ontbering van die eredienste weer die grootste ramp. Vir diegene wat weet dat ons aanbidding, elkeen in sy digitale, virtuele hoekie, nie naastenby kan vergelyk met die gelowige samekoms van Christus se gemeenskap nie. Woordverkondiging op 10/5 uit Daniël 9 deur ds Gustav Opperman,. Vir diegene wat weet dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan (Deu 8:3). Vir diegene wat weet dat die gebreekte brood by die nagmaaltafel meer werd is as al die skatte van Egipteland. Daniel en sy mense was ook in ‘n grendelstaat, in ‘n eredienslose toestand: geen pasgaviering nie, geen offerdienste nie. Trouens daar was geen tempel meer nie ... Die volk bid en Daniel bid ... nie vir sewe weke nie, maar dis nou al ‘n volle sewentig jaar! Die ballinge kon met reg sê: Ek bid vas teen ‘n koperplaat! Teen ‘n koperplaat wat my gebede terugkaats dag vir dag, nagte deur ... Alles bly net stukkend en vervalle: Ons lewens, die lewens van my kinders, my land, my mense, my kerk, stukkend en vervalle ... Ag Here, U het belowe: U sal die geknakte riet nie verbreek nie. U sal die dowwe lamppit nie uitblus nie. Wat is dit met ons gebede dat ons so sukkel? Die HERE gee ons sy Woord vandag, Broeders en Susters. Die Gees van die HERE gee ons die gebed van Daniël: Mag ons maar hoor en mag ons luister? Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God, want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. Bron: Daniël 9:1-19 Verootmoedig jou! Wat is ware verootmoediging. Sewende week, Grendelstaat Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 05 08 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 413
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page