top of page

Verlang na eenheid! Liefdesband tussen gelowiges.

Preek Psalms 133 Heidelbergse Kategismus 21 - Woorde uit sy Woning

Verlang na eenheid! Psalm 133 HK 21.2 (Deel 2/3) Die gemeenskap van die gelowiges ... die wonderbaarlike liefdesband van almal wat in die Here Jesus Christus glo. Psalm 133 gebruik twee beelde om hierdie gemeenskap te beskryf: olie en dou. Twee uiteenlopende beelde ... Wat het die salfolie en doudruppels met mekaar in gemeen? Op die oog af, seker nie veel nie, maar wel een ding: beide kom van bo af ... Die Hebreeuse woord vir salfolie is mishchah. En dit hou weer verband met die woord Messias. God se mishchah vir God se Messias. Soos die dou van Hermon van die hoogste berge neerdaal en uiteindelik die geloofsgemeenskap in die beloofde land seën, so word hulle ook geseën deur die salfolie wat die klere van die Hoëpriester deurdrenk. Hulle word direk en indirek geseën. Direk deur daardie geur wat dan deur die hele heiligdom versprei word vanaf die hoë priester tot by die hele vergadering, die volk wat daar bymekaar was om dit alles te beleef. Ons weet mos OOK dat Aäron en elke ander Hoëpriester na hom ‘n voorafskaduwee was van Hom wat nog moes kom en wat uiteindelik gekom het. Ons het mos nou al in Sondag 12 God se Gesalfde ontmoet ... die Christus wat tot ons enigste Hoëpriester gesalf is, Die Messias wat ons met die enige offer van sy liggaam verlos het, die Een wat met sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons intree ... die Een wat die twaalf stamme van Israel dag vir dag op sy hart dra ... Hy is nou in die hemel vir ons ten goede, (soos ons in Sondag 18 leer). Deur sy Heilige Gees stort Hy nou gawes in ons uit. Hy stort hemelse gawes in ons, sy lede uit. Dit was Sondag 19. Soos dou, soos salfolie word ons van bo geseën, daal sy gawes van bo op ons neer. So goed asof onsself gesalf is. Wat is die hoofkenmerk van daardie geur? Waaraan sien u die uitwerking van die hemelse dou? Wel, ons weet nou al waar ons dit waarneem. Ons sien dit en ons ervaar dit daar by Sion ... daar waar die pelgrims bymekaar kom, daar by die HERE se heilige vergadering. Daarbuite is geen seën nie. Ons sien die saligheid en ons ervaar die saligheid daar op Sion by die Hoëpriester, ons enigste Hoëpriester, Hy wat self met die Heilige Gees gesalf is. Vreugde olie, soos die brief aan die Hebreërs dit noem (Hebreërs 1:9). Olie van blydskap. Nou vra ek weer: Wat is die hoofkenmerk van daardie geur? Wat bring hierdie vreugde olie voort? Waaraan sien u die uitwerking van die hemelse dou? Waaraan sien u die groei deur die vog wat net van bo af kan kom? Ek neem u weer terug na Psalm 133, na vers een. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat ... dat wat? dat broers ook saamwoon! Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon. Ja, ek weet, ek weet dit is nie altyd so nie. In alle droefheid moet ek dit vanaand bely Eensgesinde broers ... is nie altyd so eensgesind nie. Saam met die apostels bedroef dit my. Watter geur kleef aan my klere, broeder en suster? Watter walms kom van ons gewaad? Het ek die broederskap lief ... nie net die klompie broeders en susters hier naby my nie, maar die broederskap ... die wêreldoor? Wat ruik ander mense aan my ... die geur van die lewe, Christus se salfolie, of die muwwe reuk van die dood? Waarmee probeer ons ons kerklike lewe aan die groei hou? Die HERE se dou, God se hemelwater, of lei ons dit nat met die vrot water van die Dooie See, die vrot water van ons menslike oordele en vooroordele? Daarmee sal niks, niks groei nie. Kyk, ander sal dit wel sien, sal ons liefde vir die broederskap sien ... Hoe flou dit is, of hoe goed dit is, hoe lieflik dit is! Asook: Kategismusreekse. Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Musiek: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 position: 647

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page