top of page

Vergewe. Wat nou?

Preek Psalms 111 Heidelbergse Kategismus 51 - Woorde uit sy Woning

Om God te ken is die grootste van alle wetenskappe. Die toegewyde natuurwetenskaplike boor tot die verste einders van die aarde. Die geskiedkundige fynkam die argiewe om te probeer uitkom by gister se waarheid, maar die man van God is die een wat vind, die een wat nuwe en ou skatte uit die onpeilbare dieptes van God se Woord vind. Volg die HK Troosreeks: Bely uit die Psalms op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. En broeders en susters, as ek hierdie Goddelike wetenskap beoefen dan sal hierdie verstand van my ook gesond wees. Die sinvolste uitdrukking van ’n gesonde verstand is om die HERE te loof om Hom van A tot Z van die Alef tot by die Tau te loof. Halleluja! Vanaand moet ons die HERE loof van ganser harte loof. Verban dus alle gedagtes van twyfel en wanhoop. Verban alle opstand en murmurering. Hier in die kring van die opregtes sal dit nie van pas wees nie, hier in die kring van die verlostes in die vergadering wat Hy bymekaargeroep het. Wat kan ons Hom vir sy guns vergeld? Wat kan ons Hom bring uit dank vir sy genade? Ons sal Hom prys vir sy verlossingsdade. Vandag moet ons sy werke loof. En sou ons dit nie vandag kan doen nie, dan sal hierdie kerkbanke dit uitroep, dan sal hierdie dooie hout dit uitroep. Hierdie is die 61ste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Bron: Psalm 111:10 Heidelbergse Kategismus Sondag 51 Vraag 126 HK Troosreeks: Bely uit die Psalms#61 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 08 05 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Opname 2001 Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Uit Diep van Donker Nagte DVD Solo Sacra Scriptura Opname 2017 Komponis: Babs Brouwer Afrigter: Ina Wiegand position: 312

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page