top of page

Tsunami in die kerk! Bly staande in 2020.

Preek 1 Johannes 1 - Woorde uit sy Woning

Riviere van dwalings, misleidings en leuens, valse professie en verdraaide waarhede. Onkeerbaar spoel dit deur ons woonhuise en kerkhuise. Soos vloedwater stoot dit op teen die kerkbanke en selfs preekstoele word verswelg. Hoe gaan God se kinders staande bly in 2020, want die water kom en dit kom? Ag, hoe gaan hierdie vroutjie staande bly? Hoe gaan sy dit oorleef in hierdie siedende watermassa? Dit was die apostel Johannes se probleem daar op Patmos aan die einde van die eerste eeu. Dit is ook ons probleem hier aan die begin van 2020. Hoe gaan God se kinders staande bly, want die water kom en dit kom ? Met die skrywe van die boek Openbaring bevind die apostel Johannes homself as banneling op die Griekse eiland Patmos. In die 12 de hoofstuk van hierdie merkwaardige geskrif word die gelowiges se stryd hier op aarde beskryf ... in die tyd dat die ou Slang riviere van water sy haat en sy wrewel op die vrou loslaat. Hy doen dit deur water by sy bek laat uitstroom ... strome en strome water om die kerk te oorspoel ... om die vrou weg te voer. Dit kom nou al vir tweeduisend jaar en dit sal steeds kom tot aan die einde van die tyd: dwaling, misleiding en leuens, valse professie en verdraaide waarhede ... voortgestu van leuenaar tot leuenaar, van mond tot mond, ingedruk en versnel deur een mediakanaal na die ander. Bron: 1Joh1, 1 Johannes 2 en Openbaring 12 Tsunami in die kerk! Bly staande in 2020 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2012 12 29 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 476
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

​

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page