top of page

Terug na God! 5 Bakens op die pad van herstel.

Preek Génesis 35 - Woorde uit sy Woning

Hoe lyk die pad van herstel terug na God ... in ons huise ... in ons kerk? Kan jy nog onthou hoe die Gees van God jou verander het? Kan jy nog onthou waar was jy was voor Christus oorgeneem het? Onthou jy nog die verbondsbeloftes wat jy by Bet-el gemaak het? Die doopsbeloftes, die huweliksbeloftes, die beloftes by belydenisaflegging? Terug skool toe. Dis wat baie van ons die begin van die nuwe jaar besig gehou het. Eerste skooldag van die jaar! of dalk Universiteit toe, want ons wil net die beste vir ons kinders gee. Dit gaan oor die opvoeding van ons kinders en kleinkinders. U weet natuurlik dat die opvoeding van ons jeug uit baie meer bestaan as net skool en universiteit. Dit gaan oor immers oor hulle vaardigheid om die lewe self te hanteer en uiteindelik die regte keuses te maak. En u weet ook dat deesdae nie altyd so goed gaan met die jeug se opvoeding nie. Ek wil u nie nou verveel met ‘n lang lys van dinge wat met vandag se jeug verkeerd is nie. U sien dit self. Miskien beleef u dit self. So, hoe lyk die pad van die herstel wat geloop moet word? Hoe lyk die weg wat ons weer by God gaan uitbring? Om weer Sy wil te doen om sy padtekens weer raak te sien sodat die harte van die vaders weer na die kinders teruggebring kan word, sodat die harte van die kinders weer na die vaders toe teruggebring kan word (Mal 4:6) sodat vaders én grootvaders weer verantwoordelikheid vir hulle kinders en kleinkinders se opvoeding sal aanvaar, sodat kinders weer kan leef en groei onder die klank van die Woord … sodat die huisaltaar weer herstel kan word. Dis 'n moeilike tyd waarin ons leef. Dis 'n tyd waar baie hoofpaaie dwaalweë is. Die paaie wat ons moet ry is vol slaggate en selfs sinkgate. oral is daar afdraaipaaie Hoe lyk die pad van herstel, die weg van reformasie terug na God van die Bybel in ons huise … in ons verbondsgemeenskap ? Kyk asb die video enduit. Dit bevorder ons kanaal en die verkondiging van die Woord. Bron: Oggenddiens 2017 01 15 Génesis 35 Terug na God 5 Bakens op die pad van herstel Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 629
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page