top of page

Sy Liefde dring ons: Bedien Christus-versoening!

Nagmaal Preek 2 Korinthiërs 5 - Woorde uit sy Woning

Diegene wat die Woord gehoor het, maar nog nie geluister het nie: Ons bid julle om Christus wil: laat julle met God versoen! Want daar's 'n tydskaal aan hierdie versoening verbonde. Daar's 'n tydskaal aan die bediening van hierdie versoening verbonde. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae, kyk, nou is die dag van heil. Maar hierdie dag en hierdie tyd sal verbygaan. Môre, is nie nog 'n dag nie. Vandag is die dag! Die liefde van Christus dring ons om te sê: Vandag is die dag. Dis 'n dringende saak, 'n uiters dringende saak. En tog, dieselfde liefde dring die apostel om versigtig te wees so versigtig. Dis die dilemma van die bedienaar van die versoening. Soos soldaat wat aangesê is om die mynvelde skoon te maak voor 'n weermag wat in opmars is. Orals is daar myne, lokvalle, fyn strikkies gespan om bomme te laat afgaan. Orals probeer die Satan om Christus se opmars te stuit. Stadig een vir een moet die bomme en myne onskadelik gestel word, stadig duim vir duim, nie een mag oorgeslaan word nie. Intussen moet die leërmag vorentoe! Daar's nie 'n oomblik om te verloor nie! 'n Saak van uiterste dringendheid aan die een kant, 'n saak van uiterste geduld en versigtigheid aan die ander kant. Dis die dilemma van die bedienaar van die versoening. Christus het die oorwinning behaal. Maar daar is baie mense wat nog antwoorde soek ... wat worstel met lewensvrae. ... wat nog nie Christus se verlossingswerk omhels het nie. Bron: Nabetragting 2Kor5 Die Liefde van Christus dring ons: Bedien die versoening! Ds Gustav Opperman (2017 08 2NB Hierdie Nabetragtragtingsvideo volg direk op: Hoe kom ek deur doeane in die Hemel? Versoening: 'n Gelukkige ruil! Ds Gustav Opperman Nagmaal 2Kor5 (2017 08 2Kliek op: https://youtu.be/fhaxZyfwonI Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 559
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page