top of page

Stuur U Lig!

Nagmaal Preek Psalms 42 - Woorde uit sy Woning

Dors u na die Ewige lewe? Wil u by God uitkom? Met die Psalm 42-gebed erken ek dat ek geestelik blind is om een treë vorentoe te gee om by God uit te kom. Met daardie gebed erken ek dat ek 'n Goddelike Gids nodig het: Stuur U Lig en U Waarheid, o Here! laat die my lei! Hierdie video is die 2de video in ons 7de Nagmaalreeks. Die reeks uit Psalm 42.42 bestaan uit: Voorbereiding: Dorsland - Die Groter Dors, Nagmaal: Stuur u Lig! en Nabetragting: Praat met jjouself! Skryf in op ons YouTube, Woorde uit sy Woning om hierdie reeks te volg. Ons het verlede week ons plekke in die HERE se klaskamer ingeneem om daar deur Goddelike Onderwyser onderrig te word. Ja, dis wat Psalms 42 en 43 is, 'n onderwysing, 'n les van God se Gees. In die eerste deel van hierdie onderwysing is die ware gelowige se toestand aan ons beskryf: Hy of sy word deur vyande bestry werklike en geestelike vyande, die uiterlike en die ander vyande hier binne in sy gemoed ... nog gevaarliker. Hy of sy verkeer in omstandighede wat soos vloedwaters dreig om hom of haar te laat verdrink. Hy of sy het 'n verlange om by die eredienste te wees Hy of sy het 'n dors om by die HERE te wees, 'n ontsaglike dors. Psalm 43 is 'n voortsetting van dieselfde onderwys, behalwe dat ons hier duidelik gewys word wat ons te doen staan as ons self hierdie sieledors ervaar. Die antwoord op daardie vraag is nie 'n verrassing nie. Die digter van die twee Psalms, wat eintlik een psalm is, gaan ons voor met die antwoord. Gebed is die antwoord op ons sielenood. Psalm 43 leer ons om te bid, leer ons om ons hande tot die HERE uit te brei en Hom om hulp te smeek: Stuur u lig en u waarheid, o HERE, laat die my lei. Bron: Psalm 42 en 43 Stuur U Lig! Nagmaal Woorde uit sy Woning Ds Gustav Opperman Nagmaal Psalm 42, 43 2019 05 26 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers GK Matlabas Gemeentesang: Psalm 116 position: 451
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page