top of page

Steel jy?
Bybelstudie 39 Exodus 20 - Woorde uit sy Woning
Volgens die nuutste sensusopname van Suid-Afrika is daar 80% mense wat hulleself identifiseer as Christene. Maar mens kan daardie statistiek ook meet aan die hoeveelheid oortredinge van die Agste Gebod: die inbrake, kapings, omkopery, witboordjie misdaad, geldverduistering, bedrog. Die politiek is absoluut vrot daarvan, maar soveel mense is skuldig aan die Agste Gebod op soveel terreine. Volg die Eksodus Bybelstudiereeks op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 39ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus 20:15 Steel jy? Eksodus Bybelstudie: Verlos om te Dien#39 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 05 07 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 424
bottom of page