top of page

Soek julle brood in die geloof!

Doop, Preek Rut 1 - Woorde uit sy Woning

Prk Rut (Gustav Trichardt doop) 2018 04 01 Lees Rut 1 en 4:13-22 Teks: Rut 1:6 die HERE het op sy volk ag gegee deur aan hulle brood te gee.. Tema: Soek julle brood in die geloof Die boek Rut verskil nogal heelwat van die ander boeke in die Ou Testament. Dis omdat dit so ‘n eenvoudige geskiedenis vertel, ‘n eenvoudige geskiedenis van eenvoudige mense. Hier is nie rigters en konings nie. Geen helde en geen oorloë nie. Dinge gebeur nie in die helder kollig van dramatiese gebeure nie. Nee, dis die eenvoudige geskiedenis van eenvoudige mense ... mense soos U en ek. Mense wat probeer oorleef. Mense wat onder moeilike omstandighede probeer oorleef. Mense wat bekommerd is oor die toekoms. Ja, ook mense wat selfs wanhoop oor die toekoms. Mense wat so tussendeur ook bid. Mense wat partykeer wonder of daar altyd genoeg brood op die tafel sal wees. Mense soos U en ek. Ons is bekommerd. Wie sal sorg? Wie sal sorg as ons dag nie meer daar is nie? Watse onsekere toekoms lê en wag vir hierdie baba wat vandag gedoop word? Wat gaan eendag van ons kinders in hierdie land word? Is dit nog die moeite werd om kinders in hierdie land te verwek ... gesien in die lig van al die verskriklike negatiewe omstandighede wat hier heers? Daars nie meer werkgeleenthede vir die kinders nie. Ons mense is besig om stelselmatig hulle grond te verloor. Wie sal vir ons op ons ou dag sorg? Wie sal sorg? position: 716
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page