top of page

Smart oor kinders en kinderloosheid. Ouersiele sug tot God!

Preek 1 Samuël 1 - Woorde uit sy Woning

As ons die Bybel lees, dan sien ons dat alles wat met kinders gepaard gaan, vol smart is. Die geboorte is smartlik, maar as daar vir die vrou geen geboortes is nie, dan is dit ook smartlik. Ook kinderloosheid is smartlik. En sou kinders daar wees, is hulle dikwels vir hulle ouers 'n bron van kommer. Ja, ook soms 'n bron van smart. Ouersiele sug tot God. Stort jou hart soos water uit voor God! As ons sê dat die smart rondom kinders universeel is, dat dit daar sal wees tot in lengte van dae, beteken dit nog nie dat alle mense hulle verdriet op dieselfde wyse hanteer nie. Ons weet dat die goddeloses ook huil, hulle huil ook, hulle stort ook hulle siele uit, maar die kinders van die Here, God se gelowiges ... hulle doen dit anders. Hulle stort hulle siele uit voor die aangesig van die Here. Dis wat Hanna doen en kyk haar tranegebed het onmeetbare gevolge. Bron: 1 Samuël 1 Smart oor kinders en kinderloosheid. Ouersiele sug tot God. Ds Gustav Opperman 2019 09 01 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 460
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page