top of page

Skenk ons 'n Verlosser! Moenie ophou bid nie.
Preek Lukas 1 - Woorde uit sy Woning
“Jou gebed is verhoor!” Wie van ons sal dit nie graag wil hoor nie? Want 'n mens wonder partykeer: Hoor God werklik? Ek bid nou al so lank en daar gebeur niks. Vandaar dat mense begin sê: “Ek bid teen die plafon vas.” Soms word die gebed heeltemal opgegee. Soms word die kerkgang ook op-gegee. Woordverkondiging, Lukas 1 ds Gustav Opperman. Ons bid. Hemelse Vader, hierdie pyn is meer as wat ek kan verduur! Hierdie droogte raak nou regtig te erg. Here, my seun is op die verkeerde pad. Red tog hierdie huwelik, O Here! Genadige God, laat tog U Gees in my onbekeerde broer se hart werk! Party gee naderhand op. Hulle wil dit nie herken nie. Niemand sou dit sê nie, maar hulle het lankal opgegee. Hulle het dalk nog die gewoonte behou, soos hulle kerkgang dalk 'n net gewoonte geword het, so het hulle gebedslewe dalk net 'n gewoonte geword. Maar daar is nie meer 'n diepe versugting nie. Die diepe versugting uit die hart ontbreek. Sagaria en Elisabet het nie opgehou bid nie. Sy was onvrugbaar …en op ver gevorderd leeftyd. Sagaria het nie opgehou kerk toe gaan nie. Sagaria het steeds sy amp vol gestaan ... tot op dié dag dat hy die engel in die tempel van die Here gesien het. Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor! Jou vrou Elisabet sal vir jou 'n seun baar. Jy moet hom Johannes noem. Die ou man hoor hierdie merkwaardige woorde. Hy hoor dit op sy knieë. Hy hoor dit in die amp. Hy hoor dit in die tempel van die Here. Bron: Lukas 1 Skenk ons 'n Verlosser! Moenie ophou bid nie. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 12 23 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 259
bottom of page