top of page

Saamstaan vir Christus!
Afskeid Preek Filippense 1 - Woorde uit sy Woning
Dis natuurlik makliker gesê as gedoen: om 'n burger van die hemel te wees terwyl jy in 'n goddelose staat bly, om 'n koers te hou in 'n mynveld vol aardse versoekings, om jou geloof te behou terwyl huwelik en gesinne uitmekaar wil skeur, om vas te byt terwyl die vyand van alle kante dreig, om blymoedig te wees, terwyl jy die dood in die gesig staar. Dis 'n ander ding om daardie vaandel hoog te hou terwyl die vyand op jou toesak Dis nie maklik nie. Maar daarom het God ons ook 'n besonderse Aanvoerder gegee, Hierdie Aanvoerder het reeds die beslissende slag gelewer. Hy het 'n Naam wat verhef is bo alle name: bó Duisternis, bó Duiwel, bó Dood … Dat ons so ‘n aanvoerder het, dis die Goeie Nuus, dis die Evangelie! Daarom kan hierdie Aanvoerder ook deur sy apostel vir ons sê: julle optrede moet in ooreenstemming met hierdie Goeie Nuus wees! As soldate van Christus moet julle in lewe en in sterwe aan die vaandel getrou wees. In die praktyk beteken dit in hoofsaak drie dinge: saamstaan, saamwerk en saam bly wees. Om saam te staan, dis 'n basiese militêre beginsel of dit nou in die Keiser se weermag is en of dit in die Koning van alle konings se weermag is, of dit nou by die slag van Waterloo of by die slag van Spioenkop is, of dit in die gemeente van Filippi of in die gemeente van Matlabas is, of dit nou in die huwelik of die gesin is, die beginsel bly dieselfde: eensgesindheid. Dit klink so eenvoudig, broeders maar dit was juis rondom hierdie beginsel dat die gemeente in Filippi besig was om uitmekaar te val. Dis juis rondom hierdie beginsel dat dit partykeer wil lyk of ons gemeentes en ons gesinne uitmekaar wil val Bron: Filippense 1 Saamstaan vir Christus! Afskeidspreek 1 van 2 2022 02 27 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 6 Woordverkondiging: Filippense 1, ds Gustav Opperman Afskeidspreek 1/2. 2022 02 27.
bottom of page